allfeeds.ai

 

God se Woord VARS vir jou Vandag  

God se Woord VARS vir jou Vandag

Language: af

Genres: Christianity, Kids & Family, Religion & Spirituality

Contact email: Get it

Feed URL: Get it

iTunes ID: Get it


Get all podcast data

Listen Now...

Wanneer Jy Nie Kan Wen Nie
Episode 3339
Saturday, 18 April, 2026

Send us Fan MailSpreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Daar is tye wanneer ons omstandighede so erg en so kompleks is, dat ons dit nie kan verstaan of uitpluis nie. "Om dit uit te pluis" beteken om 'n manier te vind om veilig en suksesvol aan die anderkant te kom. Nouja, volgens ons opvatting, beteken "om dit uit te pluis" eintlik om te wen. Maar in hierdie lewe wen ons nie altyd nie.Jane Haining, 'n Skotse sendeling in Hongarye, het tydens die Tweede Wêreldoorlog geweier om die Joodse meisies in haar sorg te verraai. Sy het geweier om hulle agter te laat en terug te keer na Skotland. Sy het geskryf: "As hierdie kinders my nodig het in dae van sonskyn, hoeveel te meer in dae van donkerte?"Sy is in1944 deur die Gestapo gearresteer en na Auschwitz gestuur waar sy gesterf het. Sy was gekonfronteer met ‘n bitter moeilike keuse, maar sy het eenvoudig op Christus vertrou. Dekades later is sy met die toekenning van Regverdige Onder die Nasies vereer. Dit was ‘n toekenning wat gegee is aan nie-Jode wat hulle lewens in gevaar gestel het om Jode se lewens te red. Sy het nie al die antwoorde gehad nie - maar God het. Sy het aan haar geloof vasgehou toe niks anders sin gemaak het nie.Wat doen jy as jy in ‘n ondenkbare situasie is? Toemaar, ek weet: jy wil wen. Jy wil daardie kankerdiagnose uitwis. Jy wil nie hê die bank moet jou verband oproep wanneer jy voor onoorkomelike finansiële druk te staan kom nie. Maar wat gebeur wanneer wen nie meer 'n opsie is nie?Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Doen alles binne jou vermoë, maar wanneer dit heeltemal buite jou bereik is, moenie jouself daaroor verknies nie. As dit God se wil is, dan sal dit gebeur. God het altyd 'n beter plan. Vertrou op Hom. Hy sal jou vrede gee en ... Hy sal jou paaie gelykmaak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

 

We also recommend:


Cornerstone Church - Bethalto, IL
Cornerstone Church

ThornCreek Church Messages

Spiritualität - Der radio horeb Glaubens-Podcast mit Tiefgang
radio horeb

Life Church of the Nazarene
Life Church

Epikos Church Sermons
Epikos Church

UPC Sunday Sermons
George Hinman

Wealth Transformations Words of Wisdom Podcast
Judy K. Katz, MCC, RScP



60 Minutes of Kundalini Meditation Music
Sandeep Khurana

Christian Bible Church of the Philippines | Sunday Messages
https://cbcp.org

Igreja Cristã Ágape's Podcast

Shinjuku Shalom Church
Shinjuku Shalom Church