allfeeds.ai

 

God se Woord VARS vir jou Vandag  

God se Woord VARS vir jou Vandag

Language: af

Genres: Christianity, Kids & Family, Religion & Spirituality

Contact email: Get it

Feed URL: Get it

iTunes ID: Get it


Get all podcast data

Listen Now...

Sê Wat Jy Bedoel
Episode 3247
Friday, 16 January, 2026

Send us a textEfesiërs 4:14-15 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, Sommige mense verander voortdurend hulle persepsie oor dinge op grond van wat die laaste persoon met wie hulle gepraat het, gesê het, of selfs die nuutste ding wat hulle gelees het. Dit is wonderlik as jy van standpunt kan verander wanneer jy kosbare, wyse raad kry en jy besef dat jy verkeerd is, maar wees aan die anderkant baie versigtig dat jy nie deur elke nuwe wind wat waai van jou beginsels en oortuigings afwyk nie.Die Britse premier, Neville Chamberlain, was desperaat om vrede met Duitsland te kry en was te vinnig om na Adolf Hitler se vals beloftes te luister. In 1938 in München het hy sy standpunt bly aanpas op grond van die nuutste diplomatieke gesprekke, en nooit 'n ferm, duidelike lyn getrek nie. Sy versuim om Nazi-aggressie vroeg te konfronteer, het Hitler net aangevuur, en dit het minder as 'n jaar later tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog gelei.Ja, ek weet dis 'n dramatiese voorbeeld. Maar wanneer ons versuim om 'n beslissende standpunt in te neem en dit duidelik te kommunikeer, kan ons ook verskriklike moeilikheid veroorsaak.Efesiërs 4:14–15 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof,God roep ons om met integriteit te praat – om te sê wat ons bedoel en te bedoel wat ons sê. Woorde is baie belangrik. Egte, reguit kommunikasie is 'n kenmerk van 'n godvrugtige lewe. Dit gee ons nie 'n lisensie om gevoelloos te wees nie. Waarheid moet altyd in liefde geskied, nooit as 'n wapen gebruik word nie. Maar pasop: oordrywing, halwe waarhede en manipulasie is alles oneerlik. God het die waarheid lief en Hy verwag dat ons duidelik en eerlik moet praat. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

 

We also recommend:


Grace Chapel Wilsonville
Grace Chapel

Teaching the Kingdom
philwilson

() mp3!! Gospel of Mark in Mandarin (I)
Tze-John Liu's Podcast

Sun PM - The River Christian Fellowship
Steve Montonye

Santa Clarita Christian Center's Podcast
Gilbert Burns Sr.

Words of Wisdom with Pastor Parris
Pastor Parris Patrick

Fusion Community Church
Fusion Community Church

elDiscipulado
elDiscipulado

River Community Church Podcast
River Community Church

Open Door Fellowship
Steven Michaelis

Spirituality Today with Jamie Sanders and Denise Yeargin
Spirituality Today

Lake Road Church of Christ PodCast
Lawrence Lovett